PaasfeesSlide

 
Op Sondag 16 April, gaan al SA Gemeente se verskillende wyke regoor Engeland bymekaarkom in Guildford, waartydens ons 'n spesiale Paas Erediens gaan hou. Na die diens gaan ons soos oudergewoonte almal lekker saamkuier en smul aan potjiekos.

Kerrie hoenderpotjie met basmatierys en Lamsnek tamatiepotjie met jasmynrys is op die spyskaart. Daar sal ook vars Griekse slaai wees. Bring net jou eie drinkgoed.

Kostes vir die ete na die tyd is £8/volwassene en £4/kinders (3-8jr).

LET WEL: Daar gaan geen erediens daardie dag in City Temple wees nie.

Hier is die besonderhede van ons wyk in Guildford:

Adres: Kings College, Southway, Guildford, GU2 8DU (Google Maps)
Email: suidwyk@sagemeente.com
Telefoon: 01372 276 743