Oor Ons | About Us

LOGO NerwerkAFR colour

By SA Gemeente glo ons dat geloof nie 'n Sondag-aktiwiteit is nie, maar 'n lewens-netwerk, 'n dinamiese beweging waar mense verbind, groei en saam leef as deel van God se groter storie. Dis 'n netwerk waar jou lewe sin kry, jou geloof vlerke kry, en jou gesin deel word van iets wat groter is as onsself. 

Die SA Gemeente is 'n protestante kerk met meeste van die lidmate oorspronklik vanaf Suid Afrika. Ons kerk eredienste is in Afrikaans (met Engelse vertaling waar prakties), en ons het dienste in Birmingham, Guildford, Londen, Loughton en Maidstone. Die "South African Congregation" is 'n geregistreerde "charity" in Engeland en Wallis (Charity number: 1151071), en 'n deelnemende lid van die Evangelical Alliance.

Kliek hier vir ons Beleide