Meer Oor Ons

 

'n Geestelike tuiste vir wêreldreisigers

meeroorons

 


SA Gemeente in die VK


Ons glo die kerk is ‘n familie (tuiste) wat naby die Here lewe (geestelike) en sy liefde met die wêreld deel (wêreldreisigers).

By SA Gemeente is ons verhouding met die Here vir ons die heel belangrikste. As kerk word ons uitgedaag om baie naby aan die Here te leef, om vanuit ons verhouding met die Here dieper te groei in ons geloof in Hom.  Vir hierdie geloofsvorming is ons eredienste en kinderbediening geweldig belangrik.

By SA Gemeente is ons kerk-familie vir ons baie belangrik. Ons is mekaar se naaste familie in die VK en het ‘n verantwoordleikheid om vir mekaar te bid, mekaar te ondersteun, maar ook mekaar uit te daag en accountable te hou. Ons bevorder hierdie geloofsgemeenskap deur 'n verskeidenheid kleingroepe en ander vorme van pastorale versorging.

Ons glo dat die Here SA Gemeente met ‘n spesifieke opdrag hier in die VK geplaas het. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor die wêreld waarin ons leef en moet getuies wees op alle moontlike maniere. As gemeente is ons betrokke by ‘n groot verskeidenheid uitreikaksies binne en buite die VK en ons daag voortdurend lidmate uit om getroue getuies te wees.